George Gershwin

George Gershwin
Gebore
Jacob Gershwine

(1898-09-26)26 September 1898
Sterf11 Julie 1937 (op 38)
Beroep
  • Pianis
  • komponis

George Gershwin (/ˈɡɜːrʃ.wɪn/; gebore Jacob Gershwine; 26 September 1898 – 11 Julie 1937) was 'n Amerikaanse komponis. Sy werke sluit populêre-, jazz- en klassieke musiek in. Sy bekendste werke is die orkestrale komposisies Rhapsody in Blue (1924) en An American in Paris (1928), die liedere "Swanee" (1919) en "Fascinating Rhythm" (1924), standaardwerke van die jazzrepertorium soos "Embraceable You" (1928) en "I Got Rhythm" (1930) en die opera Porgy and Bess (1935), wat die treffer "Summertime" insluit.

Gershwin het klavier studeer onder Charles Hambitzer en komposisie onder Rubin Goldmark, Henry Cowell en Joseph Brody. Hy het sy loopbaan begin as 'n "song plugger",[1] maar het spoedig begin om komposisies vir die Broadwayteater te komponeer saam met sy broer Ira Gershwin en Buddy DeSylva. Hy het na Parys verhuis om onder Nadia Boulanger te studeer, maar Boulanger het hom daarvan afgeraai omrede sy van oordeel was dat streng en rigiede opleiding in klassieke musiek sy reeds ontwikkelde styl, wat sterk beïnvloed is deur jazzmusiek, skade sou berokken; Maurice Ravel het soortgelyke kwelpunte gehad toe Gershwin hom gevra het of hy onder hom kon studeer. Na dié teleurstellings het hy An American in Paris gekomponeer en teruggekeer na New York en die opera Porgy and Bess gekomponeer saam met Ira en DuBose Heyward. Dit was aanvanklik 'n kommersiële mislukking, maar is gaandeweg erken as een van die belangrikste Amerikaanse operas van die twintigste eeu, en 'n Amerikaanse kulturele meesterwerk.

Gershwin het hierna na Hollywood verhuis en verskeie klankbane gekomponeer. Hy is in 1937 oorlede op die nog jeugdige ouderdom van 38 aan 'n breingewas.[2]

Sy komposisies is verwerk vir gebruik in film en televisie. Baie daarvan het standaardwerke van die jazzgenre geword.

  1. 'n Sanger of klavierspeler wat in die vroeë jare van die 20ste eeu deur afdelingswinkels, musiekwinkels en musiekuitgewers in diens geneem is om nuwe bladmusiek bekend te stel en te help verkoop. Dit was een van die maniere waarop treffers geadverteer is voordat opnames van goeie gehalte algemeen beskikbaar geword het.
  2. Carp L. George Gershwin-illustrious American composer: his fatal glioblastoma. Am J Surg Pathol 1979; 3: 473–478.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search